Landtag

Landtag (Duits) (Nederlands: Landdag) is 'n term waarmee die parlemente van die deelstate (Länder) van die Bondsrepubliek Duitsland aangedui word. Die benaming Landtag word deur 13 van die 16 deelstate gebruik. 'n Uitsondering is die drie stadstate: in Berlyn dra die parlement die naam Abgeordnetenhaus, in Hamburg en Bremen word die naam Bürgerschaft gebruik.

Artikel 28 van die Grondwet van die Bondsrepubliek Duitsland skryf voor dat iedere deelstaat moet sorg vir volksverteenwoordigers wat verkies word by wyse van algemene, direkte, vrye, gelyke en geheime verkiesings. Die Landtage in Duitsland word om die vyf jaar verkies, met die uitsondering van die Bürgerschaft van Bremen, waar die verkiesing elke vier jaar gehou word. Die hooftake van die Landtage is beheer van en oorsig oor die deelstaatregering, om wetgewing te bepaal en om die begroting van die deelstaat goed te keur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search